Die Troue

Ons het glad nie nodig gehad om verder te soek na ons eerste besoek aan  Casa Bella Gastehuis nie. Die gastehuis is geleë 7 km buite Rustenburg, Noordwes op die R24. Daar is ‘n intieme ouderwetse kapel, pragtige tuine en ‘n onthaalsaal met net die regte atmosfeer.

(Daar is n kontantkroeg met geen kaartfasiliteit nie so bring asseblief kontant saam vir julle drankies).

Geskenke

Ons familie en vriende se teenwoordighed vir ons huwelikbevestiging sal die grootste geskenk wees, maar as iemand nog iets wil gee is kontant welkom of daar is ‘n geskenkregister by Boardmans.

 Akkomodasie

Rata (Rustenburg Akkommodasie) is die mees volledige verblyfsgids vir die area. Hulle webwerf is eenvoudig en maklik om te gebruik.